Carl Friedrich Gauss

Carl Friedrich Gauss
Geboortenaam Johann Carl Friedrich Gauss
Gebore 30 April 1777
Brunswyk, Hertogdom Brunswyk-Wolfenbüttel, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 23 Februarie 1855 (op 77)
Göttingen, Koninkryk Hannover
Nasionaliteit Duits
Vakgebied Wiskunde en fisika
Instelling(s) Universiteit van Göttingen
Alma mater Universiteit van Helmstedt
Doktorale promotor(s) Johann Friedrich Pfaff
Doktorale student(e) Christoph Gudermann
Christian Ludwig Gerling
Richard Dedekind
Johann Listing
Bernhard Riemann
Christian Peters
Moritz Cantor
Invloed op Sophie Germain
Ferdinand Minding
Handtekening

Johann Carl Friedrich Gauss (30 April 1777, Brunswyk23 Februarie 1855, Göttingen) was 'n Duitse wiskundige, sterrekundige en wetenskaplike wat belangrike bydraes gemaak het tot verskeie velde, waaronder wiskunde, wetenskap, statistiek, analise, fisika, sterrekunde en optika. Hy word geag as een van die invloedrykste wiskundiges in die geskiedenis.

Gauss was 'n wonderkind en het in sy tienerjare al sy eerste baanbrekerswerk in wiskunde gedoen. Hy het sy belangrikste werk, Disquisitiones Arithmeticae, reeds in 1798 op 21-jarige ouderdom voltooi, maar dit is nie voor 1801 gepubliseer nie. Hierdie werk het die weg gebaan op die vakgebied van getalteorie en is steeds invloedryk.

Sy voortreflike wetenskaplike vermoëns was al onder sy tydgenote bekend. Reeds in 1856 laat die koning van Hannover gedenkmunte druk met Guass se beeld en die inskrywing Mathematicorum Principi (Latyn vir "Aan die prins van die wiskundiges"). Omdat Gauss slegs 'n breukdeel van sy ontdekkings openbaar gemaak het, het die wêreld eers die werklike diepte en verreikendheid van sy werk ná sy dood ontsluit toe sy dagboek in 1898 ontdek en bestudeer is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search